Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Goeie reëns maar dalk nog ’n droë winter voorspel

Boere in die Malmesbury-omgewing juig nadat hulle meer as 50 mm reën in die twee weke tot 8 Mei ontvang het.

Maar volgens kundiges gaan dit nog baie water verg om hierdie kritieke droogte te demp.

Cobus Bester van UD-boerdery by Moorreesburg het aan Landbou­weekblad gesê hulle is nog besig om te plant, maar het nou reën nodig. Hulle het einde April 35 mm reën gekry, en daarna bietjies-bietjies. Hy sê die reën val baie wisselvallig, maar hulle plant ten minste vanjaar in vog in teenstelling met verlede jaar toe dit met planttyd “kurkdroog” was.

Asof dit nie genoeg is nie, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n vroeë waarskuwing uitgestuur dat die moontlikheid bestaan dat ’n El Niño-verskynsel later vanjaar gaan ontwik­kel.

Vir die winter voorspel die weer­diens hoër as normale temperature in die suidweste van die land, asook goeie reënval vir die winterreënstreek. Die oostelike dele van die land gaan laer as normale wintertemperature ervaar, het die weerdiens in die voorspelling gewaarsku.

. Tans is die Voëlvleidam 14,36% vol in vergelyking met 16,86% in 2017.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.