Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot dank aan almal wat gehelp het

Graag wil ek die volgende persone bedank wat my gehelp het nadat my man, John van Zyl, in die badkamer geval het en in sy toestand nie self kon opstaan nie.

John het motorneuronsiekte, ’n toe­stand wat die senuweeselle beïnvloed wat boodskappe na die brein stuur en uiteindelik lei na progressiewe ver­swak­king van al die spiere in die liggaam.

Ek en my buurvrou, Genie Breyten­bach, het gedoen wat ons kon om te help, maar ons het steeds hulp nodig gehad. Ek het uit nood die Swartland-munisipaliteit gebel en om hulp gevra.

Dankie aan die ontvangsdame by Swartland-munisipaliteit, Nazley Kasu, wat met haar flukse optrede uit haar pad gegaan het om vir Roger Hugo van die brandweer te skakel nadat ek haar vertel het wat gebeur het. Roger het ’n groep munisipale werknemers bymekaar gemaak wat Richard Oberholzer, Elton Prince, Hannes Niemand, Rederick Berling en Andrew November insluit om ons te kom help.

Die groep van ses mans het voor ons deur opgedaag, aangenaam en ywerig om te help. Hulle het vir John met die enkelbed matras, wat ek en Genie hom op laat lê het, opgetel en hom op die bed in ons slaapkamer geplaas. Dankie vir jul vinnige optrede waarmee julle ons te hulp gesnel het. Dankie ook aan Genie vir jou bystand.

Dorothy van Zyl,
Malmesbury

Stuur jou brief aan ons na nuus@swartlandgazette.co.za of

Voortrekkerstraat l95, Malmesbury, 7299

Brief

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.