Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Haar ‘loock’ kan ander inspireer

“Vir baie tieners is die tienerjare ’n tyd om baie pret te hê en harde lesse te leer in voorbereiding vir volwassen­heid.” Só sê Max-Zeen Loock (17) van Darling.

Sy is een van twee Swartland-tieners wat aan die Statebond-skoonheids­kom­petisie vir Mej. SA-tiener deelneem. Die ander is oudleerder van Schoonspruit Sekondêr Allishia Farao van Malmesbury.

Max-Zeen, ’n gr.11-leerder aan Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury, sê haar deelname aan dié kompetisie is ’n droom wat bewaarheid is.

“Ek neem vandat ek ses jaar oud is aan skoonheidskompe­tisies deel. By Morningstar Primêr was ek as Mej. Morningstar gekroon. Sedertdien wou ek nog altyd aan groot skoonheids­kompe­tisies deelneem,” sê sy.

Haar ma, Muriel Loock, sê sy is baie trots op haar dogter se aanhoudende volharding om haar doelwitte te bereik.

“Max-Zeen ly aan ’n soort anemie wat met ’n ystertekort gepaardgaan. Dit is ’n toestand wanneer daar te min bloed in jou liggaam is. Sy ervaar gesond­heids­probleme vandat sy 10 jaar oud is. Haar deelname aan dié skoonheids­kompetisie plaas baie spanning op haar.”

Max-Zeen erken dat sy af en toe “af” voel en dan weet sy dat haar gesond­heid nie honderd persent is nie.

“As ek huiswerk en take ontvang, doen ek dit so gou as moontlik om die druk op myself te verlig. Baie mense dink dat die kompetisie net oor mooi rokke en die glitz en glamour gaan, maar dit vereis baie van jou,” sê sy.

Sy sê indien sy as Mej. SA Tiener-Statebond gekroon word, sal die kroon haar toelaat om terug in die gemeen­skap te ploeg en ’n inspirasie vir ander te wees.

“Darling is ’n pragtige dorp, maar soos baie plattelandse dorpe is daar ook baie armoede,” sê sy. “Hoewel daar baie goeie organisasies is wat mense in ons dorp help, is daar ’n tekort aan programme wat op die opbou van tieners en jongmense fokus.”

Volgens haar wil sy steeds die gemeenskap help al wen sy nie die kompetisie nie. Verder wil sy drama studeer en aanhou om modelwerk te doen.

“Hierdie kompetisie het my nie net gewys daar is ander gemeenskappe soos Darling nie, maar dat ’n mens ook moet trots wees oor waarvandaan jy kom, want dis die mense in jou omgewing en die ervaring wat bydra tot die mens wat jy wil wees of wat jy is,” sê sy.

Oor die komende paar maande sal die uitdunne plaasvind wat gevolg sal word deur die kroning van Mej. SA Tiener-Statebond vroeg in Februarie 2019.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.