Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hartseer oor Errol se vrou

Die voormalige Springboklosskakel, Errol Tobias, het gister gesê hy is baie hartseer en baklei deur alles.

“Ek voel egter vandag ’n bietjie beter.” Errol se vrou, Sandra (64), is op 18 Maart op sy 70ste verjaardag oorlede.

Sandra het ’n spesiale verjaardag­partytjie beplan wat die familie besluit het om te laat voortgaan. “Saterdag se ervaring was soet én suur,” vertel Errol hartseer. “Die een oomblik is ek geluk­kig en dan voel ek koud en wens my vroutjie kon hier langs my wees om dit saam met my te deel.” Errol vertel hy weet Sandra het na almal afgekyk. “Sy sou ’n groot glimlag gehad het, want alles het verloop soos sy dit beplan het.”

Errol vertel dit was ’n vreugdevolle herinnering aan Sandra. “Dit het my bietjie gehelp herstel. Ek kon van my ou Protea-vriende sien wat my gemotiveer het en ’n skouer gegee het om op te leun. Dit was baie verrykend vir my siel.”

Die egpaar was 44 jaar getroud. “Sy het my die oggend van my verjaardag gevra hoe voel dit om 70 jaar oud te word. Ek het haar vertel ek kom nou vir die 100 merk en sy het gesê sy hoop om saam met my te wees om dit te vier.”

Errol vertel sy het omtrent die dag geniet. “Ons het ’n gedenkdiens in ons erf gehou en toe sê sy vir my die aand na alles verby is: ‘Weet jy bokkie, my drome is bewaarheid’. ’n Uur en ’n half later het sy in my arms gesterf.”

Errol vertel sy vrou het oor uitstaande kwaliteite beskik. “Reg aan die begin van my rugbyloopbaan toe ek vir Boland gekies is, moes ek in Wellington gaan oefen. Sandra het altyd saam met my gery en yskoud en alleen op die pawiljoen gesit.” Hy onthou die lekkerste was die koffie as hy klaar geoefen het. “Nadat ons koffie gedrink het, het ons weer die pad terug Caledon toe gevat. Sy het my ondersteun.”

Sandra was sedert die ontstaan van Oase-dienssentrum in Caledon by die sentrum betrokke. “Sy het ’n groot liefde vir bejaardes gehad. Sy sou haar laaste geld uit haar beursie vat om vir die klub of die klub se mense iets te koop.”

Errol vertel hy gaan haar stille nabyheid die meeste mis. “Sy het net gepraat as dit nodig was en dit was altyd goeie raad. As sy stil is, het ek geweet sy is tevrede. Daar is groot berusting binne my, want daar waar sy nou is, is sy ook gelukkig.”

Die begrafnis word vir Saterdag geskeduleer. ’n Diens sal om 11:15 by die kerk plaasvind. “Ek beplan om Donderdag om 19:00 ’n roudiens by die huis te hou.”

Sandra laat Errol, vyf kinders en vyf kleinkinders agter.

Die gesin is dankbaar vir die hospi­taalpersoneel en al die oproepe wat hulle ontvang het.

“Daar is pragtige mense in Caledon, almal wat gekom het om my te ondersteun met ’n handdruk. Die dorp se mense is baie vindingryk in God se woord, want die bemoediging was skriftuurlik van aard. Ons as gesin sê namens Sandra dankie vir Caledon.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.