Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Herberg kort almal se hulp

Die Herberg-kinderhuis in Robertson gaan tans gebuk onder die grendeltyd en benodig hulp.

Gazette het vroeër in Maart berig oor die kinder­huis en die nood wat tans heers wat voorspruit uit die nasionale inperking.

“Ons huisves 122 sorgbe­hoewende kinders. Die kinder­huis het juis 101 jaar gelede gedurende die grieppandemie ontstaan. Ons kinders word by ons gehuisves sedert die skole gesluit het. Dit was vir ons kinders moeilik om nie na hul familie of vakansie-ouers uitgeplaas te word in dié onsekere en trauma­tiese tyd vir ons almal nie,” sê Petro Uren van die Herberg-kinderhuis.

Talle skenkings het intussen ingestroom, maar die nood bly ongelukkig net té hoog.

“As u bereid is om net vir ons R50 in hierdie tyd te skenk, sal ons dit ongelooflik baie waardeer. Enige hulp, bystand of donasies sal opreg waardeer word. Elkeen se druppel maak die emmer vol. Deel asseblief die versoek met u vriende. Dink ook asseblief aan ons kinders en personeel en hou hulle in u gebede. Dankie vir die liefde en omgee wat ons ook nog wel ontvang in hierdie tyd,” sê Uren.

Die kinderhuis wil ook graag die inperking lekkerder vir die 122 kinders maak wat tans in die kinderhuis vasge­keer is.

“Met die inperking wat nog ’n ruk gaan duur moet ons ’n manier vind om ons kinders by die Herberg hier in Robertson se gemoed te verbeter. Hulle het in Desember laas hul familie of geliefdes gesien en sal heel waarskynlik nie gou uitgeplaas kan word nie,” vertel Uren.

Die kinderhuis het tans 16 fietse tot sy beskikking wat hy graag sal wil gebruik om die kinders aktief te hou en in die gereguleerde tye te laat oefen en uitkom.

“Alhoewel ons 16 fietse het, benodig ons sowat 11 val­helms. Ons kan nie die kinders sonder valhelms laat ry nie. Enige valhelm, oud of nuut, sal werk en waardeer word.”• Indien jy die kinderhuis wil kontak, stuur ’n e-pos aan petro@herberg.co.za of skakel 084 586 2583.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.