Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Herdenking in hospitale gevier

’n Egpaar wat onlangs hul 40ste huweliksher-denking elk in ’n Covid-saal in twee verskil-lende hospitale moes deurbring, het dié gevreesde virus geklop.

Everal (63) en Pieter (64) Visser van Montagu het op 17 Januarie hul robyn-herdenking gevier. Dié egpaar moes nog die oggend van hul herdenking in verskillende hospitale wakker word, maar teen die aand was hulle albei tuis in mekaar se arms.

Die Visser-egpaar het net ná Nuwejaar begin sleg voel en het geweet iets is nie pluis nie. Hulle het albei positief vir Covid-19 getoets en is onderskeidelik op 5 en 7 Januarie in die hospitaal opgeneem.

Pieter is eerste in Montagu-hospitaal opgeneem waarna Everal op die sewende ook daar opgeneem is. Hy is later na Worcester-hospitaal oorgeplaas toe sy toestand verswak het.

“Covid-19 is sekerlik die moeilikste ding wat al ooit oor my pad gekom het. Dit is nie ’n maklike stryd nie. Die duiwel kom in en dan oorheers vrees alles,” vertel Pieter aan Gazette.

Everal vertel hoe moeilik dit was nadat sy opgeneem is om te kon hoor hoe haar man deur die seer gaan.

“Om hom langs my te hoor hoes en te hoor watter pyn hy het, het my hart ongelooflik seergemaak. ’n Mens is hulpeloos en kan niks daaraan doen nie,” verduidelik sy.

Hulle sê die moeilikste was om te weet dat hul ook nie meer bymekaar was nie nadat Pieter ’n paar dae later na die Worcester-hospitaal oorgeplaas is.

“Jy klou maar aan jou geloof. Jou geloof is wat jou red en deurdra. Jy staan voor ’n keuse – opgee is maklik, maar as die Here nog ’n plan het met jou sal jy staande bly,” vertel hulle.

Everal sê jy lê dae om en hoop en bid dat jy dit sal maak.

“Jy hoop om gesond te word en jy bid om jou geliefdes te sien. Die ergste is om te sien hoe mense rondom jou sterf en jy kan niks daaraan doen nie. Die geluide wat jy hoor en die klanke wat deur die gange trek, is traumaties. Ek wens dit vir niemand toe nie.”

In ’n stadium het albei se toestand verswak, maar hulle is dankbaar vir die dokters en familielede wat hulle deur dit gekry het. “Ons is dankbaar vir die dokters en vir medici wat alles so mooi aan ’n mens verduidelik het. ’n Mens is dankbaar vir die Here wat vir hierdie mense kennis gegee het om dit te kan doen.”

Everal sê sy het in ’n stadium vrede gemaak met die feit dat sy dalk nie dié gevreesde virus sou oorleef nie.

“My toestand het verswak. Ek het swak gevoel en dit het werklik gevoel of ek enige oomblik kan sterf. My drie kinders het vir my deur die venster van die hospitaal kom bid. Dit is asof die Here toe net in my hart kom werk het en my deurgedra het.”

Sy verduidelik ook hoe dankbaar sy vir die verpleegsters was wat soms in die gange gesing het en soveel gedoen het om die siekes se gees ’n hupstoot te gee. “Ons wil nou vorentoe kyk. Covid-19 is nie grappies nie. Ons moet versigtig wees en alles in ons vermoë doen om dit nie op te doen nie, maar ons moet nie in vrees lewe nie. Ons moet nie dat vrees ons oorheers nie, want dit sal ons onderkry.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.