Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hier is raad: Kanker en jou finansies

Die Theewaterskloof en Kaap Agulhas Gazette gaan ’n reeks artikels met lesers deel in samewerking met Kansa.

Die Gazette gaan met kenners gesels wat kan help om voorbereid te wees indien jy met kanker diagnoseer sou word.

Hierdie week beantwoord Jurgens Jacobs, finansiële adviseur by Marius Jacobs Finansiële Dienste, vrae oor kanker en jou finansies.

Wat sê statistiek oor Suid-Afrika en kanker?

JJ: Statisties sal een uit vier Suid-Afrikaners gediagnoseer word met kanker of iemand na aan hulle sal diagnoseer word.

Hoe kan mens jouself voorberei op onvoorsiene mediese uitgawes?

JJ: As finansiële adviseur moet ek seker maak my kliënt verstaan watter voordele meeste saak maak. Siekte-dekking verwys breedweg na die siektes wat gedek word soos ’n hartaanval, kanker, beroerte of Alzheimers. Maar dit kan misleidend wees, daarom is dat belangrik om te verduidelik dat elke eis-gebeurtenis ’n volledige beskrywing moet gee van hoe die mediese toestand lyk voordat ’n eis uitbetaal word. Dis belangrik om die uitleg van die betaling struktuur van die produk te verstaan ten opsigte van watter persentasie van totale dekking uitbetaal sal word vir jou spesifieke mediese toestand. Een produk mag slegs 50% van die polis uitbetaal terwyl ’n ander 100% sal uitbetaal. Ongeveer 85% van alle gevreesde siekte-eise word uitbetaal vir ’n hartaanval, kanker, beroerte en koronêre omleidings chirurgie.

In die huidige ekonomiese klimaat kan dit aantreklik lyk om versekering te kanselleer, maar die statistiek wys dat gevreesde siektes nie in Suid-Afrikaners se guns tel nie. Daar is dus ’n groot behoefte om seker te maak dat jy goed voorberei is vir kanker en ander groot siektes.

Hoe lyk die statistiek ten opsigte van uitbetalings?

JJ: Old Mutual het in 2018 R762 miljoen uitbetaal ten opsigte van gevreesde siektes, ongeskiktheid en afdanking dekking. Ten opsigte van sterfte, is R3,82 biljoen uitbetaal waarvan 29% vir kanker en gewasse was. Ongeskiktheid uitbetalings was R497 miljoen en 18% was vir kanker en gewasse uitbetaal. Vir die vier groot siektes - kanker, hartaanvalle, beroerte en koronêre omleidings chirurgie, is R752 miljoen uitbetaal waarvan 49% vir kanker en gewasse was.

Kom kanker meer algemeen voor by mans of vroue?

JJ: In 2018 is 56% mans diagnoseer met kanker teenoor slegs 44% vroue. Die gemiddelde ouderdom van mans was 54 en vroue 50.

Watter produk sou jy aanbeveel en is die premie bekostigbaar?

JJ: Om voorsorg te tref vir die finansiële komplikasie van kanker, is dit raadsaam om gevreesde siekte dekking uit te neem by ’n versekeraar. Mens kry alleenstaande gevreesde-siekte en versnelde gevreesde-siekte.Die alleenstaande produk is beter maar ook duurder. Wanneer jy ’n eis indien beïnvloed dit nie die ander versekering op die polis, soos lewensdekking nie. Versnelde gevreesde-siekte is goedkoper, maar uitbetaling word van lewensdekking afgetrek.

Premies word beïnvloed deur die versekerde se lewenstyl bv. roker of nie, beroep, kwalifikasies en gesondheid, maar is eintlik meer bekostigbaar as wat die meeste mense dink.

•Vir meer inligting oor kanker en jou finansies, kontak Jurgen Jacobs by 083 553 2735 of jurgens@mjfd.co.za .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.