Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou jou kinders veilig

Gerugte op sosiale media oor kinderhandel het ouers op hol.

Deesdae lees ’n mens baie op sosiale media oor kinders wat amper ontvoer was of ontvoer is. Selfs Malmesbury-polisie is bewus van die gerugte wat op sosiale media versprei word oor kinderontvoerings, maar volgens Malmesbury-polisiewoordvoerder konst. Hennie du Randt en kol. Marissa Gordon van die Paarl-FCS (eenheid gemoeid met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, is daar geen ontvoeringsake in die Swartland die afgelope paar maande aanhangig gemaak nie.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moedig die gemeenskap aan om saam te werk om kinders veilig te hou en vir ouers om meer waaksaam te wees ten opsigte van hul kinders se blyplek en aktiwiteite.

Selfs Tijmen van Essen, burgemeester van Swartland-munisipaliteit het by verlede week se ontbyt van die Swartland-skou oor hierdie probleem gepraat. “Ouers moet hul kinders beskerm. Moet nie jou kind alleen in die straat laat of alleen na ver plekke laat stap nie,” het hy gesê.

Die Swartland Gazette het van te vore berig oor twee afsonderlike voorvalle van kinders, een wat amper ontvoer is en een wat deur haar pa “geneem” is.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD), sê van 8 Augustus is daar 13 voorvalle van kinderont­voerings en poging tot ontvoering by hulle aangemeld.

“Drie van die kinders is ontvoer, seksueel aangerand en “terugbesorg”. Een van die leerders is verlede Donder­dag ontvoer en dood gevind. Ons het ’n vergadering met die polisie belê. Dit is noodsaaklik dat ons weet of daar op enige manier ’n verbintenis tussen die voorvalle is,” het Shelver gesê.


Hier volg die SAPD se wenke oor hoe om jou kind(ers) veilig te hou:
. Baie voorvalle vind plaas terwyl kinders buite speel en ouers is binne. Dus moet jy altyd bewus wees van jou kinders se blyplek en verseker dat daar altyd toesig is.
. Wees bewus van jou kind se selfoonkontakte. Weet met wie hulle kommunikeer.
. Doen ’n agtergrondondersoek op die persone wat jy indiens neem om na jou kind te kyk. Maak seker die dagsorgsentrums waarheen jou kind gaan, geregistreer is.
. As jy nie jou kinders by die skool kan gaan haal nie, maak seker die onderwysers is bewus van die persoon wat hulle by die skool gaan kry.
. As jou kind deur ’n familielid seksuele misbruik word, meld dit dadelik by die polisie aan en kry professionele hulp.
. Kinders moet altyd eerlik teenoor hul ouers wees.
. Ouers moet hul kinders inlig oor die verskillende soorte mishandelings en hulle beskerm.

. Om enige misdaad teen kinders aan te meld bel jou naaste polisiekantoor of Paarl FCS by 021 872 3546.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.