Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hy gaan kollegas mis

Ná meer as 30 jaar by die Swartland-munisipaliteit se Darling-kantoor het Ivan Humphreys onlangs afgetree.

Hy het in 1989, terwyl hy in die boubedryf gewerk het, besluit om die stap te neem en as die klerk van werke in die selfhelp-skema van die destydse Darling-munisipa­liteit begin werk.

Hoewel hy ’n gekwalifi­seerde skrynwerker was en menigmaal as voorman by verskeie kontrakteurs gewerk het, was hy bang dat hy nie bevoeg sou wees om dié projek suksesvol af te handel nie.

“Die twee selfhelp-skemas het ons in die daaropvolgende vyf jaar suksesvol voltooi waarna ek in ’n permanente posisie as amptenaar aange­stel is met die hulp van my Vader en die ondersteuning van die gemeenskap,” vertel Humphreys.

Hy was steeds bekommerd oor of sy konstruksieagter­grond genoeg sou wees om hom vir dié pos te bekwaam, maar hy het die bul by die horings gepak en was doel­gerig om ’n sukses van hier­die nuwe geleentheid te maak. Omdat daar niemand was by wie hy kon aanklop vir hulp nie, het hy alles uit eie ondervinding geleer.

“Met ’n beperkte manne­krag en net gewone werkers het ons soveel projekte sukses­vol voltooi – randstene vanaf 1ste tot 17de Laan, kleed­kamers, sportterrein en ’n krieketkolfblad gelê, gesui­werde water na sportterreine aangelê en soveel meer.”

Hy het in sy tyd ook as dorpsbestuurder en supe­rintendent van die destydse Darling-munisipaliteit gedien – ’n hoogtepunt in sy loop­baan – en was verantwoor­delik vir al die munisipale werke soos water, elek­trisiteit, riool en stormwater.

Hy sê dit was ’n lekker gevoel om te weet dat sy uithouvermoë en harde werk vrugte afgewerp het.

“Dit het daartoe gelei dat ek met veelsydigheid my werk soveel meer kon geniet deurdat ek soveel blootstel­ling en ondervinding kon kry van al die dissiplines van plaaslike regering.”

Hy voeg by: “Die vertroue wat ek deur die jare met my hoofde opgebou het en dat ek toegelaat is om my eie inisiatief te gebruik om probleme op te los, het soveel persoonlike groei in my teweeggebring. My direkteur het my ingelig dat hy my alleen los om sodoende sterker te word, maar as ek nou terugkyk, het ek persoonlik soveel gegroei deur daardie vertroue wat [hy] in my gestel het. So, ek sal ewig dankbaar wees dat ek in die diep kant ingegooi is.”

Wat sal hy mis noudat hy afgetree het?

“Ek gaan my kollegas wat agterbly baie mis. Dit was immers hulle wat die bal vir my aangegee het sodat ek ook speelkans kon kry in die bereiking van my doelwitte.”

Maar ten spyte daarvan sien hy daarna uit om nou gehaltetyd saam met sy familie deur te bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.