Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inentings teen hondsdolheid is baie belangrik

Inwoners van die Swartland word gemaan om seker te maak dat hul diere ingeënt is teen die dodelike siekte, hondsdolheid.

Verlede maand het die Swartland Gazette berig dat ’n plaaswerker van ’n plaas net buite Malmesbury op die Hopefield-pad behandeling ontvang het vir hondsdolheid nadat hy deur ’n kat wat hondsdolheid gehad het, aangeval is.

Die kat is ná die voorval uitgesit en veterinêre toetse het bevestig dat die kat hondsdol was.

Die man is onmiddellik ná die aanval na Swartland-hospitaal vir behandeling geneem en volgens dr. Sevellyn Davey is die man buite gevaar en herstel goed weens die vinnige optrede en doeltreffende behandeling.

Hondsdolheid kan ’n noodlottige siekte wees indien die slagoffer nie dadelik behandel word nie. Die siekte word deur honde, katte en die meeste soogdiere na mense oorgedra as die betrokke persoon met die aangetaste dier in aanraking kom deur byvoorbeeld gebyt te word.

Na afloop van die voorval van die plaaswerker is ’n bees in die Malmesbury-omgewing ook positief vir hondsdolheid getoets en is ook uitgesit.

Na aanleiding hiervan gaan daar hondsdolheid- inentingsveldtogte in Malmesbury, Wesbank, Ilingelethu en Abbotsdale gehou word waar diere gratis ingeënt kan word.

Die inenting van troeteldiere is die doeltreffendste manier om dier en mense teen die blootstelling aan dié dodelike virus te beskerm.

Suid-Afrika is ’n hondsdolheidsgebied en alle honde en katte moet ingeënt word sodra hulle die ouderdom van drie maande bereik.

Mense moet ook onder geen omstandighede wilde diere wat mak voorkom probeer vang of hanteer nie.

Vir nog inligting, bel die naaste staatsveearts, veearts of dierebeskermingsvereniging vir hulp.

Die inentings vind plaas as volg:
. Woensdag 18 Julie Malmesbury-rugbyveld van 09:00-12:00.
. Woensdag 18 Julie Abbotsdale-gemeenskapsaal van 13:00- 16:00.
. Donderdag 19 Julie Wesbank-wetstoepassing van 09:00-12:00.
. Donderdag 19 Julie Wesbank-Alpha Kafee (Rooi kafee) van 13:00 – 16:00.
. Vrydag 20 Julie Ilingelethu Thusong-sentrum van 10:00-16:00.

Vir mens en dier se veilig­heid moet honde aan halsband en leiband wees en katte in mandjie of lemoensakkie. Vir nog inligting bel Marius Vrey by 083 528 7741 of 022 433 8910.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.