Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners deel hul mening

Wat het jy gedink gaan president Cyril Ramaphosa Woensdagaand aankondig tydens sy boodskap aan Suid-Afrika?

Het hy enigiets bekend gemaak waarvan jy nie geweet het nie en is jy tevrede met sy toespraak?

Die Gazette het by lesers in die streek gaan uitvind hoe hulle oor Ramaphosa se mees onlangse toespraak voel.

Christine Wessels, ’n vryskutskakelpersoon van Botrivier vertel met die styging in die aantal koronavirus-gevalle in veral die Wes-Kaap, was haar maag omtrent op ’n knop terwyl sy die horlosie dopgehou het vir president Ramaphosa se toespraak.

“Ek het dieselfde vrae as vriende, familie, bure en landgenote gehad . . . waarom het ons drie weke laas van ons president gehoor? Die eerste paar minute se wroeging deur getalle en syfers was moeilik om na te luister. Ek wou hoor ‘alles is oukei en gaan oukei wees’, maar ek het geweet dat dit nie die geval is nie. Ek is verlig om te hoor en wil graag glo dat ons as land goed voorbereid is vir die stygende getalle koronavirus-pasiënte, dat sekere dele van die land – en ek hoop van harte Theewaters­kloof en Overberg – na vlak 3 sal beweeg en ook die vae hoop dat daar sekere aanpassings gemaak gaan word oor die verwurgende reëls en regulasies van die huidige vlak 4. “Sal ’n ligte sigaret, in plaas van die long-ontploffers wat tans onder die tafel vir ’n belaglike bedrag verkoop word, weer beskikbaar wees om die nerwe te sus as nog ’n e-pos vir werk onbeantwoord bly? ’n Glasie wyn sonder die vrees oor waar die volgende sal vandaan kom? Oefening enige tyd van die dag wanneer jy nie meer kan asem haal in jou huis en die berge in wil vlug? Sal mense, wat van die hand na die mond leef, weer ’n geldjie kan verdien deur hul ware te smous en na werk terug te keer? Ek weet daar is heelwat teenkanting en dat die president volgens baie ‘nie veel gesê het nie’, maar ek dink nie hy kan veel meer sê in die stadium nie. Maak hy die ekonomie oop en sterftes neem toe, word die vinger na hom gewys, doen hy dit nie . . . gaan mense dood van die honger en is hy swak leier. Maar vir die eerste keer in drie weke het ons weer ’n broodnodige tydlyn. Dit maak die gewag, die vrees en die onsekerheid draaglik.”

Elsa Viljoen van ’n plaas tussen Robertson en Worcester sê sy voel die president het homself ongelooflik herhaal en nie vreeslik baie te sê gehad nie. “Dit was asof die druk op hom geplaas was om iets te sê, maar hy eintlik nie werklik iets gehad het om te sê nie. Ek dink hulle moes eerder nog ’n week gewag het vir die konsul­tasie­proses om te begin en dan inligting wat waardevol is aan almal te verskaf.”

Hy sê met die huidige styging in nuwe gevalle verkies hy dat die land op vlak 4 bly maar dat meer ondernemings oopmaak solank hulle by die nodige veiligheidsmaatreëls hou. Hy voel ook sterk daaroor dat die regering nie nou al die skole moet oopmaak nie. Lotz sê sy wens is net dat geen mens sonder kos moet gaan slaap nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.