Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners help polisie verdagte aankeer

’n Man (27) is deur die Montagu-polisie in hegtenis geneem vir die besit van twee gesteelde vuurwapens en ’n skootreke­naar nadat die polisie ’n wenk van die gemeenskap opgevolg het.

Volgens sers. Suria Meyer, Montagu-polisiewoordvoerder, het die polisie ’n wenk en goeie beskrywing van die verdagte Maandagoggend 3 Desember opgevolg.

”Die A-skof, onder leiding van sersant Vernol Kleyn, het inligting van die inwoners ontvang van ’n verdagte man wat in Mandela Square met ’n vuurwapen opgemerk is. Die inligting is opgevolg en die polisiebeamptes het die verdagte man opgemerk. Die verdagte is deursoek en daar is beslag op twee vuurwapens en ’n skootrekenaar gelê,” sê Meyer.

Met verdere ondersoek is daar vasgestel dat die vuurwapens aan ’n inwoner van Swellendam behoort.

“Baie dankie aan die oplettendheid van die inwoners en die goeie inligting wat deurgegee is wat gelei het tot hierdie uitstekende inhegtenisneming. Die inwoners is die oë en ore vir die polisie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.