Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners in diep water

’n Groep inwoners van Cloetesville en Idasvallei het Donderdag 4 Oktober ’n betoging na die munisipaliteit gehou om hul ontevredenheid oor watertariewe uit te spreek.

Volgens sommige inwoners was hul waterrekeninge vir September buitensporig hoog in vergelyking met vorige maande.

Uitvoerende burgemeester, Gesie van Deventer, het persoonlik ’n memorandum met griewe ontvang en gesê sy gaan die kwessie by ’n raadsvergadering later vandeesmaand opper.

Inwoners eis onder meer dat September se waterrekeninge afgeskryf word en dat huidige watertariewe verlaag moet word.

Frieda Abrahams van Cloetesville sê sy dink veral aan die bejaardes. “Daar is bejaardes wat R1 600 vir pensioen kry. As hulle R1 000 vir water moet betaal, wat gaan hulle eet?”

Eugene Gordon, ook van Cloetesville, sê die waterbeperkings- en tariewe maak nie voorsiening vir meer as een gesin in ’n huis of op ’n erf nie. “Ons het oorbevolking. Hoeveel water elke huisgesin mag gebruik moet individueel bepaal word. Die toegewing van ekstra mense in ’n huis is nie gemaak nie. Dit neem ’n mens se totale waterverbruik oor die toelaatbare totaal. Die raad moet opvolg oor hoeveel mense daar in elke huis is.”

Die munisipaliteit het Dinsdag 2 Oktober in ’n verklaring aangekondig dat hy besig is om sy watertariewe vir die huidige boekjaar te hersien.

Die munisipaliteit het sedert die begin van die droogte sy watertariewe tot vlak 4-tariewe beperk hoewel waterbeperkings in Februarie vanjaar tot vlak 6B verhoog is.

Watertariewe is verlede jaar deur die raad na aanleiding van die ernstige droogte verhoog en meer kategorieë is vir die 2018-’19-boekjaar op die glyskaal ingebou om waterbesparing aan te moedig en grootskaalse waterverbruik te ontmoedig.

Dit veroorsaak dat rekeninge vinniger sal styg sodra waterverbruik hoër as die voorgeskrewe beperkings styg.

Van 1 Oktober is waterbeperkings van Vlak 6B na Vlak 5 verander.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.