Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners kry Kersgeskenk

Swartlanders het verlede week ’n vroeë Kersgeskenk ontvang, toe die munisipaliteit aangekondig het dat die afgelope maande se streng waterbeperkinge verslap sal word.

Tydens ’n spesiale raadsvergadering verlede Donderdag is daar ’n besluit geneem om waterbeperkings vanaf Vlak 5 6 tot Vlak 3 te verslap.

Munisipale bestuurder Joggie Scholtz het aangedui dat die waterverligting moontlik gemaak is omdat, na goeie winterreëns, het die watersituasie aansienlik verbeter het, veral met die Voelvleidam wat tans sowat 88,5% vol is in vergelyking met verlede jaar die tyd se ongeveer 26%.

Die gesamentlike vlak van die damme wat die Wes-Kaap van water voorsien staan tans op effe minder as 70%, in vergelyking met laasjaar se ongeveer 35%.

Swartland Munisipaliteit se besluit oor waterverligting kom ook nadat Stad Kaapstad asook die Drakenstein-munisipaliteit verlede maand hul waterbeperkings verlaag het.

Die verligting kom ook nadat die nasionale departement van water en sanitasie sy toewysings van water aan onder meer munisipaliteite en die landbou vir die hidrologiese jaar afgehandel het.

Die departement het ’n besparing van 10% tot 20% onder stedelike watergebruikers voorgestel, maar die metroraad en die Swartland Munisipaliteit het besluit om versigtiger te wees en ’n teiken van 30% gestel.

Dit moet help tot die herstel van damvlakke en om voorsiening te maak vir die onsekerheid oor 2019 se verwagte reënval.

Die toegelate daaglikse watergebruik per persoon word volgens Vlak 3 van 70 50 liter tot 105 liter aangepas.

Gebruikers sal verder ook minder betaal vir water vanaf die Januarie-diensterekening, wat verdere verligting teweeg bring.

* Die publiek word egter steeds gemaan om water te spaar en so ver as moontlik gryswater te herwin. Die publiek mag voorts water as volg gebruik:

• Inwoners mag hul tuine natgooi met munisipale water, mits hulle ‘n emmer of watergieter gebruik. Dit mag slegs gedoen word voor 09:00 in die oggend en na 18:00 in die namiddag op Dinsdae, Donderdae en Saterdae. Geen outomatiese sprinkelstelsel sal toegelaat word nie.

• Motors en bote mag met munisipale water gewas word, maar slegs ’n emmer mag hiervoor gebruik word.

• Die opvul van swembaddens is slegs toelaatbaar indien die swembad ‘n bedekking het. Geen outomatiese opvulsisteme word toegelaat nie. Nuwe swembaddens mag slegs met alternatiewe, nie-drinkbare bronne gevul word.

Die volledige beperkinge kan op www.swartland.org.za gelees word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.