Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners lewe in vrees

“Ons kan ons aanvallers nie in die gesig kyk nie. Ons kan hulle nie by die polisie aankla nie, want ons weet nie hoe hulle lyk nie.”

Só sê vreesbevange inwoners van Ashbury in Montagu ná talle voorvalle waar Sotho’s na bewering inwoners van Ashbury aangeval het.

Inwoners sê hulle lewe in vrees nadat twee mense dood is en talle beroof word. Die voorvalle hou volgens hulle verband met die Sotho’s en die Xhosas wat onder mekaar baklei.

Die inwoners sê die Sotho’s loop met klapmusse rond en terroriseer die gemeenskap. Volgens hulle word die vroue veral geteiken en mense wat by die winkels geld trek word beroof. Op 1 Februarie is ’n persoon glo vir R50 doodgesteek.

“Dit is nie die inwoners van Ashbury self wat moeilikheid maak nie. Ons as buurtwag patrolleer gereeld die gebied. Dit is die Sotho’s wat ons mense beroof en aanval,” het Marguarite Smit, voorsitter van Ashbury-buurtwag aan Gazette gesê.

Smit glo egter dat die situasie nie onbeheerbaar is nie en dat met die samewerking van al die rolspelers in die gemeenskap sal daar ’n oplossing wees.

“As die munisipaliteit, organisasies en polisie almal saam met die gemeenskap werk, sal ons misdaad beter kan bekamp. Ons kan nie wag tot nog vroue verkrag word of iemand dood gemaak word nie. Ons kinders kan nie eers meer winkel toe loop nie.”

Volgens nóg ’n inwoner, Calvin Pekeur, is plaasboere grotendeels verantwoordelik vir die probleme met die uitlanders.

“Die plaasboere gee vir dié mense werk. Hulle kom hier aan en slaan strukture op soos hulle wil en niemand doen iets daaromtrent nie. Hulle kom vat ons werk, hulle neem ons grond en nou bring hulle ons mense in gevaar. Die owerhede sal gou iets moet doen,” voeg hy by.

Die Montagu-polisie het twee voorvalle van moord bevestig, maar gesê dat die voorvalle nie met mekaar verbind word nie.

“In ’n voorval in Januarie is die beskuldigde ’n Sotho-persoon. Die polisie is altyd bekommerd en onrustig oor enige ernstige misdade,” het die polisiewoordvoerder, sers. Suria Meyer, gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.