Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners nou keelvol vir leë beloftes van raad

’n Groep ongelukkige inwoners van die informele nedersetting in Droëheuwel, Robertson het verlede Donderdag 6 September by die burgemeesters­kantoor in Kerkstraat betoog.

Die inwoners beweer dat die uitvoerend burgemeester van die Langeberg-munisipaliteit leë beloftes aan hulle gemaak het. “Ons is moeg daarvan dat hy vir ons lieg, hy het net beloftes gemaak, maar nog niks is nagekom nie en vandag roep hy die wetstoepassers in om ons te verwyder asof ons diere is,” het Danny September woordvoerder van die groep Donderdag aan Gazette gesê.

’n Ander inwoner het aan Gazette gesê dit is hartseer om in sulke omstandighede te woon. “Al wat ons wil hê, is krag en water. Ons het self vir ons blyplek opgesit. Ons moet ons afval in die bos langs ons gooi, ons kinders word siek van die vullis. Hy het gesê hulle gaan mense stuur om te kom skoonmaak, maar niks is nog gedoen nie. Ons kinders word by die skool gespot,“ het sy gesê.

Die burgemeester se kantoor het by monde van Riaan de Jong op die Gazette se navraag gesê dat die burge­meester later die middag met drie afgevaardiges in gesprek getree het waarin hy die prosesse aan hulle verduidelik het.

“Die burgemeester het aan hulle gesê dat hulle besware met administrasie bespreek word. Die munisipaliteit voorsien al ’n geruime tyd basiese dienste aan alle informele nedersettings in ons munisipale gebied. Tenderaan­soeke word tot 21 September ontvang vir chemiese toilette, die proses neem tyd,”het De Jong gesê.

De Jong het ook bygevoeg dat die burgemeester aangedui het dat hy in geen posisie is om beloftes te maak nie omdat daar prosesse is wat gevolg moet word. “Alle inwoners word genooi om vergaderings oor dienslewering wat binnekort in wyke 1, 3 en 6 gehou sal word by te woon.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.