Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners sien nou rooi

Inwoners van wyk 12 in Montagu is ongelukkig oor die lê van plavei­sel in Irak in Montagu en beweer nou die korrekte tenderprosedure is nie gevolg nie en dat daar nie genoegsame inligting aan die gemeenskap deurgegee is nie.

Volgens Calvin Pekeur, ’n gemeen­skapsleier in wyk 12, was die projek veronderstel om verlede jaar te begin, maar dit het nie.

“Die muni­sipaliteit het ’n gemeenskaps­verga­dering belê en gesê ons moet ons CV’s bring en aansoek doen.

Die mense het CV’s by die wyksverteen­woordigers ingedien om werk te kry.

Hulle beweer ook dat die begin van die projek vir later in die jaar geskeduleer is en dat die munisi­pali­teit ’n gemeenskapsvergadering aangevra het in ’n tyd wanneer die meeste mense in die werk is, maar nou skielik is daar ’n ander kontrak­teur besig om die plaveisel te lê.

“Hulle hou vergadering om 12:00 of 18:30 wanneer ons mense nie by die huis is nie en dan word daar groot besluite geneem. Wyk 12 word uitge­sluit by alles wat die munisipaliteit doen.

Ons wil nie straat toe gaan en betoog nie, maar hulle gee ons nie ’n ander keuse nie,” voeg Pekeur by.

Pekeur sê die kontrak is ook aan iemand buite die gemeenskap gegee terwyl daar vele bekwame kontrak­teurs in die dorp self is.

“Ons het genoeg kontrakteurs van ons gemeenskap wat bekwaam is om die werk te doen.

Waarom kry ons mense nie die werk nie?”

Hulle beweer ook dat daar sowat R16 miljoen begroot is vir hierdie projek wat in drie fases gedoen sou word. Geld wat volgens hulle terug­geploeg kon word in die plaaslike gemeenskap. “Dit is geld wat in ons gemeenskap kan bly om sodoende ons ekonomie te versterk, maar al ons werk en geld word uit die dorp gevat.”

“Ons soek antwoorde, maar niemand van die munisipaliteit wil ons antwoord nie.”

Die Langeberg-munisipaliteit het teen druktyd nog nie op die volgende navrae van die Gazette oor die projek reageer nie: 1. Kan die munisipaliteit bevestig of daar kontrakteurs aangestel is en dat hulle reeds begin het met die projek?2. Wat was die begroting vir die projek? 3. In hoeveel fases word die projek gedoen? 4. Het die munisipaliteit met die gemeenskap vergader en is alles met die inwoners bespreek?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.