Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners spring in om haweloses só te onthou

’n Tuin by die poskantoor in Malmesbury is onlangs met plante verfraai ter nagedagtenis aan vier haweloses wat oorlede is.

Vyf vroue wat vroeër by die Bloutent-projek betrokke was en kos vir haweloses voorberei en uitgedeel het, wou graag op ’n spesiale wyse afskeid neem van die oorledenes – net bekend as Sias, Moses, Louisa en Sakkie – wie hulle goed leer ken het. Hulle het toe ’n roudiens in die vorm van ’n tuinmaak-seremonie gereël.

Sias, wat 18 jaar op straat gewoon het, het sy stryd teen kanker verloor terwyl Louisa vermoedelik ’n beroerte gehad het. Niemand is seker presies waaraan Moses oorlede is nie hoewel natuurlike oorsake ook vermoed word. Sakkie het vermoe­delik op ’n koue nag verkluim.

Volgens een van die vrywilligers, het die haweloses dikwels by die posbusse by die poskantoor geslaap. Hulle het daarom dit goed gedink om ’n tuin van herinnering hier vir die oorledenes aan te bring.

Die poskantoor het hul toestemming gegee en weldoeners het plante geskenk. Die geleentheid is verlede Saterdag 5 September gehou met mede-haweloses wat die plante help plant het om ’n laaste eer te betoon.

“Een vrou wou nie plant nie omdat sy dit nog nooit gedoen het nie, maar toe daar vir haar gewys word hoe dit gedoen moet word, toe wou sy net plant, die ander het skaars kans gekry. Hulle het dit verskriklik geniet,” vertel sy.

Sy sê baie van hulle weet van tuinmaak en beskik ook oor ander vaardighede.

“Van hulle het baie potensiaal en soek net ’n geleentheid.”

Sy sê dit bly ’n uitdaging om vir hulle iets te kry wat ’n inkomste kan genereer om vir hulle ’n beter lewe te probeer skep en waardig te laat voel.

Hoewel die Bloutent-projek intussen tot ’n einde gekom het, het die groe­pie vroue besluit om steeds geduren­de die inperking Woensdae en Sater­dae kos aan die haweloses uit te deel.

Enigiemand wat betrokke wil raak of kan help met skenkings, kan Maryke by 083 233 7402, Tasneem by 083 981 0431 of Antonette by 082 576 8113 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.