Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jeug dol oor ‘touchies’

Kinders van die Kaapse vlakte het Sondag in Caledon raakrugby kom speel.

“Ons doen ontwikkelingswerk in die gemeenskappe,” vertel Labeeb Levy, die afrigter. Die groep was vir drie ure op die pad van Kaapstad af “want die kinders is so gretig om rugby te speel”.

Levy sê hulle sou oorspronklik in Hermanus gespeel het, maar die sportterrein was te duur en hoewel Caledon se sportveld ’n bietjie klein is, wou hulle ook vir Caledon se jeug raakrugby, of touch rugby soos die kinders dit noem, leer speel.

“Van hierdie kinders sal gekies word om in die nasionale toernooi in September te speel en van hulle sal ook vir die SA span gekeur word.”

Deidre Michaels, of coach Didi soos almal in Caledon haar ken, het gesê dit was ’n lieflike dag. “Dit was touch rugby op sy beste en met net die beste mense aan die stuur. Ek moet sê dit was goed gereël en die afrigters, skeidsregters en bestuur was alles en almal reg en in plek.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.