Dylan Welcome is ’n 12-jarige leerder aan die Laerskool Bredasdorp.
Hy is vroeg vanjaar as die Boland-kampioen in die 150 m-hekkies vir o.12-seuns aangewys.
Hy was ook gekies vir die o.12A- Boland-rugbyspan wat by Oakdale in Riversdal deelgeneem het. Die Boland-span het volgens punte eerste in die toernooi geëindig.
Onlangs met die skool se kleuresport het hy vier rekords in die 75 m- en 150 m-hekkies, verspring en 150 m verbeter. Hy het ook eerste plekke in 100 m, 1 200 m en hoogspring behaal.
Só is hy ook as die senior victor ludorum aangewys.
Dylan speel ook krieket vir die o.13A-span van Laerskool Bredasdorp
Sy ouers wil hom gelukwens en bemoedig om voort te bou op sy harde werk. “Ons wil hom verseker van ons volle ondersteuning en dat ons hom altyd sal help sodat hy in die toekoms sy hoogste sport sal bereik.”
Hulle bedank almal wat hom deur die jaar ondersteun het om sy oefenkampe en toere moontlik te maak.