Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong pa dood in ongeluk

’n Ma van Vredenburg is in rou gedompel nadat haar enigste seun verlede week tragies in ’n ongeluk naby Abbotsdale dood is.

Zailiun Keating (28), ’n IT-tegnikus van die West Coast College in Malmesbury, is Maandagoggend 4 Maart dood toe die motor waarin hy onderweg was omstreeks 07:10 die pad verlaat en op sy dak langs die Ou Kalbaskraal-pad beland het.

Die omstandighede rakende die ongeluk is steeds vaag, maar volgens die polisieverslag het die bestuurder vermoedelik beheer oor die voertuig verloor. Keating is op die toneel dood terwyl die ander insittende, ’n 27-jarige vrou aan wie die motor behoort, ernstig beseer is.

Zailiun was tot graad 9 ’n leerder aan Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch waarna hy sy Nasionale Sertifikaat in Beroepsopleiding (NKV) aan West Coast College voltooi het. Hy het daarna sy IT-kwalifikasie aan Northlink-kollege verwerf. Hy het ná sy studies ’n jaar vrywillig vir West Coast College gewerk voordat hy sowat twee jaar gelede permanent aangestel is. Die kollege het Donderdag 7 Maart ’n spesiale gedenkdiens vir Zailiun gehou.

Veronica Oosthuizen, Zai­liun se ma, sê sy gaan haar seun se spontane persoon­likheid die meeste mis. “Ek gaan hom mis vir sy grappe. As jy na sy foto’s kyk het hy altyd ’n glimlag op sy gesig gehad.” Zailiun was die oudste van drie kinders en die enigste seun.

Hy het ook in motors belang gestel en aan die Malmesbury Auto-vereniging behoort. Hy het dikwels aan dié klub se motorskoue deelgeneem.

Zailiun se vriende het ’n kruis met ’n foto van hom op die toneel opgerig. Hy is 9 Maart in Vredenburg begrawe. Zailiun sou op 11 November sy 29ste verjaarsdag vier. Hy word oorleef deur twee jonger susters en ’n dogter (9).

Die Malmesbury-polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.