SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Jong spelers wys ander hóé

Die afgelope Saterdag het Caledon en Villiersdorp mekaar aangevat op Helderstroom-krieketterrein in die Overberg se liga van 50 beurte.

Caledon-krieketklub het met ’n onervare jong span die manne van Villiersdorp die stryd gaan aansê, met kaptein Lenotre Sauls uit en spelers soos Ray Charls Picther, die klub se hoogste paaltjievatter vir die jaar, Brynmore Benjamin, Emile Smith en Wilhmark Hans was dit ’n goeie toets vir die jong spelers van die klub.

Die span is deur Kerwonne Williams aangevoer. Dit was ’n be­wolkte oggend in Helderstroom en nadat Caledon die loot gewen het, het die span besluit om eerste te kolf aangesien hulle bekommerd was vir die onlangse hittegolf wat die dorp die middag sou tref. Die tussentydse kaptein, wat tans vuurwarm met die kolf is, het weereens ’n groot impak gemaak en het 95 lopies aangeteken. Hy is goed ondersteun deur Matthew Thompson wat 65 lopies aangeteken het en Robin Hess met 63*. Die manne van Caledon teken dus 350 vir 7 aan. Vir Villiersdorp was sy beste boulers vir die dag E. Ruiters 2/42 en A. Titus 1/38.

Villiersdorp was gretig om te begin en wou graag Caledon se jong spelers aandurf. Die manne van Villiersdorp het goed gelyk met waardevolle bydraes gemaak deur N. Cupido (5) en E. Snell (28), maar die doring in die vlees was Randy Davids – hy het 3-33 geneem en was goed ondersteun deur die ander jong manne. Angus Scholtz, wat lyk of hy al hoe meer sy krieket by die klub geniet, het 1/12 aangeteken en Ranaldo Abrahams 1/12.

Villiersdorp kon dus net 132 almal uit in 32 beurte aanteken wat Caledon nog ’n oorwinning van 218 lopies gee.

Caledon-krieket wil Villiersdorp bedank vir hul goeie sportmanskap en die goeie gees waarmee hul na die wedstryd gekom het.

Die komende naweek is dit ’n groot wedstryd vir die klub wanneer Caledon-krieket teen Botrivier-krieket gaan speel vir ’n plek in die uitkloprondes. . Kom ondersteun die manne hierdie Saterdag op Helderstroom. Dit gaan ’n baie opwindende dag wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.