Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kaap Agulhas sluit seisoen op ’n hoë noot af

Die heel eerste Base for Sport-sewesrugbytoernooi wat Saterdag 23 November op die Arniston-sportterrein aangebied is, is deur die Black Knights van Bonnievale se A- span gewen.

Die besoekers het sake in die eindstryd teen Rangers van Bredasdorp uitgespook en het aan die einde van dié kragmeting, wat deur Godfrey Gertse as “baie straf met rotsvaste verdediging aan albei kante” beskryf is, met 10-3 koning gekraai.

Bredasdorp Rangers het Arniston se Sea Hawks in die een halfeindstryd met 31-7 geklop terwyl Struisbaai Ankers in die ander halfeindstryd in ’n naelbytwedstryd met 24-21 teen die besoekende Black Knights se A-span die onderspit gedelf het.

Volgens Gertse is rugby, veral na afloop van Suid-Afrika se Wêreldbeker­oorwinning, een van die gewildste sportsoorte in die streek. Een van die doelstellings van Base for Sport is volgens hom om hierdie en ander sportsoorte te bevorder en om langs hierdie weg ook ’n bydrae te lewer tot die maak van gesonde en positiewe keuses wat vryetydsbesteding betref. Drie van Boland se topskeidsregters was by die toernooi betrokke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.