Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kampkos, want lente is hier!

Die lente is besig om in al sy glorie dié deel van die aarde weer warm te maak.

Nou is weer die geskikte tyd om langs die viswaters te ontspan of ’n naweek weg te reël en ’n bietjie die tente te gaan opslaan.

Ons was lank genoeg in ons huise vasgekeer of in eenrigting-roetes huis of werk toe.

Gazette deel graag twee lekker resepte wat jou kampnaweek ’n plesier sal maak.Oppiekole-mieliebroodBenodig:125 ml suiker500 ml koekmeel15 ml bakpoeier2 ml sout1 blikkie geroomde mielies3 eiers, geklitsBy die huis:

Meng die droë bestanddele en verseël dit in ’n digte sakkie.In die bos:

Voeg die geroomde mielies en geklitste eiers by en meng deur.Bak dit so:

Smeer ’n klein ysterpot goed met botter, sit die deeg daarin en bak oor matige kole tot gaar.

Dit sal tussen 45 minute en 1 uur duur.

Onthou om ’n paar kole op die deksel te sit.

As die brood teen die einde van die kooktyd ’n bietjie bleek lyk, bak dit nog ’n paar minute met nuwe kole op die deksel.Hoender-braaipasteiBenodig:1 ui, gekap2 knoffelhuisies, fyngekap45 ml olyfolie1 gaar hoender, gevlok van die bene af250 ml roomsout en varsgemaalde swartpeper2 x 400 g-rolle blaardeegDoen dit so:

Verhit olyfolie in ’n mediumgroot pot.

Voeg uie en knoffel by.

Braai vir sowat 3-5 minute. Voeg hoender by en braai vir nog 5 minute.

Gooi room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5-8 minute of tot room met die helfte verminder het. Die mengsel moet dik en romerig lyk.

Geur goed met sout en swartpeper.

Plaas een rol blaardeeg op skoon werkoppervlak.

Skep mengsel bo-op en versprei eweredig.

Los omtrent 2 cm-deegrand rondom oop. Rol die tweede rol blaardeeg bo-oor.

Druk die twee velle met ’n vurk aan mekaar vas.

Plaas die pastei in ’n skoon toeklaprooster.

Braai oor medium tot warm kole vir sowat 15-20 minute per kant of totdat dit heeltemal goudbruin en gaar is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.