Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kanola lyk dié jaar meer as belowend

SWARTLAND – Ten spyte van droë toestande, word ’n bogemiddelde opbrengs hierdie kanola-groeiseisoen in die Swartland verwag.

Dít volgens ’n verklaring van Southern Soil (Pty) Ltd.

“Die Swartland was buitengewoon droog aan die begin van die kanola-groeiseisoen. Produsente was dus hierdie jaar gedwing om in droë grond te plant. Voor 25 Mei het die enigste kanola wat ontkiem het behoort aan ’n handjie vol produsente wat 16 April geplant het.

“Ongeveer 80% van die streke wat reeds geplant het, het steeds gewag vir voldoende reën sodat ontkieming kan begin. Op 25 Mei was daar ’n spreek­woordelike sug van verligting toe daar genoegsame en wydverspreide reën in die hele Swartland geval het (meer as 10 mm vir die noordelike deel en ongeveer 35 mm vir die westelike deel van die streek). Opvolgreën het tussen 10 en 11 Junie voorgekom (sowat 40 mm) en daarom, selfs al is die groeiseisoen ’n maand agter in vergelyking met vorige jare, lyk dit of dit ’n bogemiddelde opbrengs vir die streek gaan wees,” lui die verklaring.

Alhoewel dit nog baie vroeg in die groeiseisoen is, lyk dit of klimaat hierdie jaar die grootste uitdaging gaan wees. Met die droogte wat tans in die Wes-Kaap heers was die afgelope drie groeiseisoene ongelooflik moeilik vir al die graanprodusente en daarom is dit belangrik om hierdie jaar ’n goeie oes te lewer. Kanola, met sy uitsonderlike vermoë om aan te pas in droë omstandighede, het die afgelope drie jaar bewys dat dit ’n betroubare gewas is. Produsente kan nie langer die waarde van die kanola-gewas in ’n algemene wisselboustelsel ignoreer nie – veral omdat dit in droë toestande sowel as in omstandighede met gewone reënvalsyfers kan aard en floreer.

“Ons is dus baie trots op en optimisties oor die toekoms van hierdie gewas,” lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.