Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kansa vat ‘Hollywood’ na Malmesbury se voorstoep

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Kansa se Relay for Life in Malmesbury wat Saterdag 23 en Sondag 24 Maart by die Malmesbury-skouterrein gaan plaasvind.

Vanjaar se tema is “Hollywood”. Spanne word aangemoedig om in hul beste Hollywood-drag op te daag ter ondersteuning van kankerlyers en kankeroorwinnaars en ter nagedagtenis aan die wat die stryd teen kanker verloor het.

Daar is plek vir ongeveer 60 spanne met ’n maksimum van 15 lede per span. Spanne wat aan die Relay for Life wil deelneem, kan inskryf teen R750 per span (luminaria-sakkies ingesluit).

Die Kansa-tak van Malmesbury hoop om vanjaar sy teiken van R280 000 teen 23 Maart te bereik. Tot op hede is sowat R45 000 ingesamel. Spanne word aangemoedig om hul eie geldinsamelingsinisiatiewe te hou om Kansa-Malmesbury te help om sy teiken te behaal.

Lootjies vir die Relay-beertjie word ook teen R10 elk uitgeloot om nog geld in te samel.

Skoolspanne kan tot einde Februarie inskryf terwyl alle ander spanne tot ’n dag voor die Relay kan inskryf.

Deelnemers en dagbesoekers kan ook uitsien na optredes deur Wikus le Roux en 2010 se Superster-wenner Burger le Roux.

Die hekke maak om 16:00 oop vir dagbesoekers. Toegang is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. Die Relay for Life begin om 18:00 met kanker-oorwinnaars en diegene wat steeds verbete teen die siekte veg, wat ’n ererondte sal doen.

. Vir spanregistrasies, bel Dolly Doll Marais by 083 809 1738. Vir nog inligting bel, Suretha Burger (voorsitter) by 082 713 5862 of Andries Burger (personeelvennoot) by 074 408 1055.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.