Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kantoor maak deure oop

Die ACVV van Riebeek-Kasteel het Donderdag (4 April) ’n satellietkantoor in sy buurdorp, Riebeek-Wes geopen.

Dié organisasie sonder wins­bejag het vroeër die nood vir maatskaplike dienste in sy buurdorp raakgesien nadat die Badisa-kantoor in Riebeek-Wes in 2018 sy deure gesluit het.

Gesprekvoering met die departement van maatskaplike ontwikkeling het begin. Die grootste probleem om dié diens, tesame met Riebeek-Kasteel se dienssentrum, aftreeoord en maatskaplike werke in stand te hou, was die gebrek aan geld. Om geld in te samel om maat­skaplike dienste in Riebeek-Wes te behou, is verskeie geldinsa­melings­inisiatiewe gehou en die droom is uiteindelik bewaarheid.

Die maatskaplike werker by Riebeek-Kasteel, Jolandie Hill, wat nou saamgewerk het om die satellietkantoor ingerig te kry, het by die opening gesê die toevoeging van die satelliet­kantoor sal maatskaplike dienste in die Riebeek-vallei laat dreun.

“Die Here het voorsien, Hy het geweet daar is ’n nood in ons gemeenskap. Die gemeenskap moet weet ons is hiér vir hulle en dat ons die ekstra myl vir hulle sal stap. Ons het ’n professionele span wat die gom vashou.”

Sy het die maat­skaplike werkers beskryf as ’n hulpmiddel om mense te onder­steun en te beskerm, om as advo­kaat vir hulle op te tree en hulle te lei om self besluite te neem. “Ons vertolk dikwels die rol van predikant, verpleegkundige en prokureur, maar ons sien elke persoon vir wie hy is en ons het elkeen se samewerking nodig om die diens optimaal te laat werk.”

Sandra Bester, voorsitter van ACVV-Riebeek-Kasteel het gesê die proses het sowat ’n jaar geneem om van die grond af te kry. “Ons is bly ons kan ’n verskil maak,” het sy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.