Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kersfeesgees hele jaar deur

Die Kerstyd is by verre een van die mooiste tye van die jaar. ’n Tyd van die jaar waarna ek – en ek glo baie ander – uitsien. Ek is sedert ek kan onthou nog altyd ’n liefhebber van die Kerstyd.

Daar is net iets spesiaal aan hierdie tyd van die jaar. Mense blyk meer vriende­liker en vrygewiger as gewoonlik te wees en daar is net hierdie feestelike en prettige vibe in die lug.

Maar dit het seker vir elkeen van ons ’n ander betekenis. Vir die hoofstroom Christene merk dit die geboorte van hul Verlosser. Vir ander is dit ’n tyd om saam met geliefdes deur te bring en vir sommiges is dit ’n eensame tyd.

Ek glo dit is juis in hierdie tyd dat ons die werklike menswees van mense ervaar. Dit is wanneer jy sien hoe mense hulself oor mekaar ontferm deur hand by te sit waar een nodig is. Kospakkies en klere word aan minderbevoorregtes uitgedeel en selfs die bejaardes by die ouetehuise geniet ’n Kersete of twee. Mense leef in vrede en harmonie saam en almal is sommer jou vriend. Dit laat my nogal dink. Is ons nie veronderstel om dwarsdeur die jaar vrolik en geesdriftig te wees nie? Om vrygewig en vriendelik te wees en om ontfermend te wees en waardering aan mekaar te toon nie? Is ons nie veronderstel om mekaar op ’n daaglikse basis te hulp te snel en in vrede en harmonie te leef nie? Of doen ons dit net een keer per jaar?

Wel, mag elkeen van ons nie net in hierdie Kerstyd iets moois doen en ervaar nie, maar laat ons dit dwarsdeur die jaar doen en so die gees van Kersfees saam met ons deur die hele jaar neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.