Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kieser-saak wéér uitgestel

Die moordverhoor van die Moorreesburgse hondeteler Johan Kieser het verlede week nog ’n wending geneem toe die oorblywende twee beskuldigdes in die saak hul regshulpprokureur ontslaan het en nou glo ’n private prokureur aangestel het om hul saak verder te behartig.

Swartland Gazette het vroeër berig die klag teen Hendrik Boonzaaier, een van die drie beskuldigdes wat aangekla is van die moord op die 65-jarige Kieser in 2015, is onlangs deur die staat teruggetrek omdat hy intussen oorlede is.

Die moordverhoor teen sy medebeskuldigdes – Linda Siebritz en Charise Doubel – gaan steeds in die Malmesbury-streekhof dien.

Die staat het vroeër aangevoer dat Siebritz, Doubel en Boonzaaier die oorledene op 4 Januarie 2015 oor ’n krans in die Michellspas naby Ceres afgegooi het terwyl hy nog lewendig was.

Die verdagtes het Kieser na bewering vroeër daardie dag ’n groot hoeveelheid heroïen ingespuit voordat hulle hom van sy kredietkaart en beursie beroof het. Die dag daarna het Siebrits die moord en haar, Doubel en Boonzaaier se betrokkenheid in ’n verklaring by die polisie gaan beken.

Die saak is sedert 2015 herhaaldelik deur uitstelle belemmer.

Die beskuldigdes is vroeër op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Die verhoor is met verlede Maandag (8 Julie) se verskyning weer uitgestel ná die beskuldigdes aangedui het dat hulle van prokureur gaan verander om sodoende die nuwe prokureur op hoogte te bring van die saak. – Samuel Walters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.