Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kiesers vir ordelike stemdag bedank

“Dit het baie goed gegaan op die spesiale stemdae – Maandag en Dinsdag 6 en 7 Mei – asook die amptelike verkiesingsdag, Woensdag 8 Mei, sonder enige noemenswaardige voorvalle.”

Stiffie Cronje, ’n munisipale verkiesingsbeampte, sê hulle is dankbaar vir die rustigheid wat kiesers en politieke partye openbaar het en wil almal wat by die verkiesing betrokke was, vir hul bydrae bedank. Provinsiale uitslae vir Theewaterskloof:

Die DA het 16 261 stemme gewerf teenoor die 12 116 van die ANC. Altesaam 58 654 kiesers het registreer, waarvan 33 826 hul kruisies gaan trek het. Slegs 57,67% kiesers het dus vanjaar by die stembus opgedaag. In Kaap Agulhas het 20 435 kiesers geregistreer en 13 880 (67,92%) het gestem. Die DA het 7 759 stemme gekry teenoor die ANC se 3 907 en die Diensleweringsparty se 872 stemme.

Cronje bedank die personeel van die plaaslike verkiesingskantoor en tydelike verkiesingspersoneel, die politieke partye en hul lede, die polisiebeamptes, eienaars van verkiesingslokale en elke kieser.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.