Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinders leer speel-speel hoe om vrugte te skilder

Ryan Simons is ’n kunstenaar van Grabouw.

Dit is sy missie om leerders met kunsverwante aktiwiteite te ondersteun.

“Ek glo kuns help die kinders om ’n goeie selfbeeld te ontwikkel.”

By die klas wat hy Donderdag by St. Michaels Primêr in Elgin Orchards in Grabouw aangebied het, is ouer leerders gewys hoe om ’n oog te skets en die kleintjies het aandagtig gekyk en luister hoe hulle ’n vrugtebak en vrugte moet teken.

Die kinders het in sy klas aandagtig na hom geluister en kon nie wag om te begin teken nie.

Simons probeer deur middel van sy Eye Art-winkel by sy huis kinders van die strate af te hou deur hulle besig te hou met speletjies. Hy wil graag sy klasse by ander skole in die streek ook aanbied.

Skakel hom by 062 527 2807 of per e-pos by photographyart@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.