Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Klub gereed vir stryd

Die Skaakmat-skaakklub van Ashton is besig om vir homself naam te maak en te groei.

Van die spelers vaar ook uitstekend onder die bekwame afrigting van Juanbrey Joseph, met heelwat klublede wat hierdie jaar Boland-kleure verwerf het. Hulle het al aan die Wes-Kaapse en die SA skolekam­pioenskap en ander ander toernooie deelgeneem.

Nou is hulle pionne gereed vir die SA junior skaakkampioenskaps­toernooi wat van 3 tot 8 Januarie 2020 in Boksburg gehou gaan word.

Sewe klublede gaan vir die Kaapse Wynland-skaakvereniging se junior spanne speel. Nóg ’n lid van die klub gaan ook aan die SA junior kampioenskap deelneem.

“Dit is ongelukkig ’n duur eer. Dit kos die ouers sowat R8 000 vir elke junior klublid net om aan die spankompetisie deel te neem – en tot R24 000 vir twee spelers as hulle ook aan die individuele kompetisie daarna moet deelneem. Skenkings vir die juniors is daarom meer as welkom,” sê Joseph.

. Voornemende skenkers kan hom gerus by 076 159 9615 bel vir verdere besonderhede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.