Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom hou partytjie saam met KCF en topkunstenaars

Die nieregeringsorganisasie Kylemore Charity Foundation (KCF) bied eersdaags sy jaarlikse geldinsamelingsprojek, The AfterParty, by die Kylemore-sportterrein aan.

Die hele dorp is in rep en roer oor die kunstenaars wat ingestem het om die poging te ondersteun. KCF, wat onlangs sy vyfde bestaansjaar gevier het, het beloof om soos voorheen gaste van heinde en ver met musiek te verwelkom wat hul smaak sal voed. Met internasionaal bekroonde sterre soos die Hip-Hop-sensasie YoungstaCPT, die aanlyn-vlogger Devdondidit en van Suid-Afrika se beste platejoggies soos DJ Willy en DJ Chello van Goodhope FM, Tyrone Paulsen en DJ Codax van Heart 104.9 sowel as Justin Vega, Master Q en die plaaslike DJ Leeto, behoort ’n ieder en ’n elk volgens die klankbestuurder Irvin AYA Adams die aand van hul lewe te geniet.

Kaartjies kos R100 per persoon en besoekers kry gratis parkering.

Streng veiligheidsmaatreëls is ingestel en KCF vra dat gaste geen glasprodukte op die veld se speeloppervlak sal gebruik nie.

Die verrigtinge begin Vrydag 14 Desember 19:00.

Toegang by die hek is R100.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.