Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kompetisie gee smaak aan wyn

Robertson Koöperatiewe wynmakery en Bon Courage-landgoed was die presteerders by vanjaar se Robertson-jongwynskou met die wen van onderskeidelik die Laffort-trofee vir die beste vyf benoemde wyne en die JF Hillebrand-trofee vir die kampioenwyn,

Die oorhanding van die trofeë- en sertifikaatwenners is Maandag 28 September by ’n buitelug-geselligheid op De Wetshof-landgoed aangebied. Dié geleentheid is haastig aanmekaar gesit toe die regering se inperkingsreëls verslap is om byeenkomste toe te laat.

Peter de Wet, voorsitter van die Robertson-wynvallei, het tydens die geleentheid gesê die omstandighede weens Covid-19 is nie ideaal nie, maar dit is belangrik vir die Robertson-wyngemeenskap om in sulke tye saam te staan.

“Die Jongwynskou is ’n ingeburgerde tradisie in Robertson en in die Kaapse wynlande en ek wil almal bedank wat vanjaar uitsonderlike moeite gedoen het om te verseker dat dié geleentheid kon voortgaan,” het hy gesê.

“Nie net vir die organiseerders van die SA Nasionale Wynskou-vereniging nie, maar ook die produsente wat ingeskryf het vir vanjaar se skou en wie se wyne ons kan proe. Geluk ook aan al die wenners. Dié prestasie toon dat Robertson sy reputasie as een van Suid-Afrika se voorste wynstreke gestand doen.”

Die Pon van Zyl-trofee is vanjaar aan Anton Smuts, ’n jare lange boer van Robertson, toegeken wat voorsitter is van Bonnievale-kelder asook Vinpro, die bedryfsliggaam van die wynbedryf.

Smuts het gesê dit is ’n enorme eer om hierdie trofee te ontvang, die mees gesogte eerbewys aan enigiemand in die Robertson-landbougemeenskap.

“As inwoner van Robertson en boer is dit ’n trotse eer om hierdie eerbewys te ontvang in die teenwoordigheid van die boerdery-gemeenskap,” het hy gesê. “Dit is die gemeenskap wat my gemaak het wie ek is en sonder almal hier sou ek nie hierdie voorreg gehad het nie. Hiervoor is ek baie dankbaar.”

Robertson-kampioen-trofeewenners . Mountain River-trofee: Kampioen droë wit versnit – Robertson Koöperatiewe wynmakery; . CJ Petrow-trofee: Kampioen chenin blanc – Roodezandt-wynkelder; . Imvusa Stainless-trofee: Kampioen sauvignon blanc – Robertson Koöperatiewe wynmakery; . De Wetshof-trofee: Kampioen chardonnay – De Wetshof-landgoed; . Pon van Zyl-trofee: Kampioen colombar – Van Loveren; . Rietvallei-trofee: Kampioen soeterige witwyn – Robertson Koöperatiewe wynmakery; . Johan de Wet-trofee: Kampioen ander wit kultivar – Van Loveren; . Vinochem-trofee: Kampioen droë rooi versnit – Robertson Koöperatiewe wynmakery; . Roelou Barry-trofee: Kampioen edellaatoes – Bon Courage-landgoed ; . Infigro-trofee: Kampioen pinotage – Robertson Koöperatiewe wynmakery; . Standard Bank-trofee: Kampioen shiraz – Bon Courage-landgoed; . Bon Courage-trofee: Kampioen cabernet sauvignon – Bonnievale-wynkelder; . RX South Africa-trofee: Kampioen merlot – Bon Courage-landgoed; . Deam-trofee: Kampioen pinot noir – Robertson Koöperatiewe wynmakery; . Robertson-wynvallei-trofee: kampioen ander rooi kultivar – Robertson Koöperatiewe wynmakery ;. Overberg-trofee: Kampioen muskadel – Van Loveren; . JF Hillebrand-trofee: kampioenwyn – Bon Courage-landgoed; . Laffort-trofee: Beste vyf benoemde wyne – Robertson Koöperatiewe wynmakery.

Vanjaar se SA wynkampioene is ook onlangs aangewys. Hier het drie plaaslike wynlandgoedere uitstekend gevaar. Hulle is:. Ander wit kultivar – Van Loveren Family Vineyards, colombar;. Natuurlike soet Witwyn – Robertson Koöperatiewe wynmakery, natuurlike soet witwyn (RS >20g/l);Robertson Koöperatiewe wynmakery Edellaatoeswyn – Bon Courage-landgoed, edellaatoes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.