Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Konferensie meer as toerisme

“Dit raak al hoe belangriker om ’n volhoubare en omgewingsvriendelike benadering in die lewe te volg. Weskus-toerisme het ’n verantwoordelike toeri­s­meprojek van stapel gestuur om mense bewus te maak dat toerisme ook op ’n volhoubare manier kan plaasvind.”

Só sê Heinrich Roberts, woordvoerder van Weskus-distriksmunisipaliteit vóór die verantwoordelike toerismekonferensie wat 30 Oktober by die Weskus-fossielpark gaan plaasvind.

Volgens Roberts is die Goedgedacht Trust, wat buite Riebeek-vallei geleë is, as die proefprojek geïdentifiseer waar verantwoordelike toerisme beoefen is. Dié trust is ’n organisasie sonder winsbejag met die doel om armoede in die landelike gemeenskap aan te spreek sodat dit ’n positiewe rol in die kinders en jongmense se lewe kan speel.

“In samewerking met dié program vir verantwoordelike toerisme word die jongmense vaardighede geleer om hulle in die arbeidsmark te help,” het hy gesê.

Afgevaardiges wat dié konferensie gaan bywoon, gaan ook die geleentheid kry om na kenners te luister en deel te wees van ’n gesprek. Daar gaan ook verskeie aanbiedinge wees deur die bedryfsleiers.

Belangstellendes kan Kiewiet van Rooyen by 022 433 8505 skakel of ’n e-pos stuur aan hvanrooyen@wcdm.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.