Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koperdief blitsig vasgetrek toe publiek polisie help

’n Man (22) is Vrydag 31 Mei ná vinnige optrede deur die Montagu-polisie weens koperdiefstal vasgetrek.

Sersant Gavin van Zyl, GDS-bevelvoerder, het omstreeks 08:00 ’n oproep ontvang met inligting van die publiek oor ’n verdagte wat met tot ongeveer ses sake verbind kan word.

“Sers. Maxim Buis en sers. Carmen Gentleman het die verdagte met goeie samewerking in hegtenis geneem,” het ’n polisiewoordvoerder, sers. Suria Meyer, gesê. “Nog lede het hulp verleen – AO Jerome Gentleman, sers. Davon Opperman, sers. Henriette Herandien, AO Corné van Wyk en sers. Jeremy Joseph het ook gehelp.”

Die Montagu-polisie het die publiek vir hul vinnige optrede om met hierdie inhegtenisneming te help, bedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.