Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry jou nuwe Sassa-kaart

Indien jy een van die sowat 600 000 begunstigdes van maatskaplike staats­toelae is wat nog nie na die nuwe goud­kleurige kaart van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) oorgeskakel het nie, het jy nog ’n geleentheid tot 30 November om dít te kry.

Die wit kaart verval einde November en luidens ’n verklaring deur Sassa het net 7,1 miljoen Sassa-begunstigdes tot dusver na die nuwe kaart oorgeskakel en nog sowat 77 000 begunstigdes in die Wes-Kaap moet nog oorskakel.

Om die nuwe Sassa-kaart te ontvang, besoek jou naaste poskantoor met jou identiteitsdokument en indien al jou inligting reg is en bevestig word, sal jy die nuwe kaart na slegs ’n paar minute ontvang.

Volgens Rian de Jager, kleinhandelbe­stuurder van die Poskantoor in die Wes-Kaap, het die kontrak met Sassa ’n einde gebring aan ongeoorloofde aftrekkings vir miljoene begunstigdes. Geen aftrekorders is moontlik met die nuwe Sassa-kaart nie.

Gratis kontantonttrekkings kan maandeliks by enige poskantoor gedoen word en daar is geen beperking op die aantal transaksies waarmee dit as debietkaart by winkels gebruik word nie.

Die kaart kan ook by enige kitsbank gebruik word, maar die bank sal transaksiekostes hef.

Poskantoor-takke het vingerafdruk­lesers wat die begunstigde se identiteit kan bevestig, waarna die toelae uitbe­taal word vir diegene wat nie gemaklik is met ’n PIN nie. “Dié begunstigdes moet hul identiteitsdokument toon wanneer hulle kontant by die poskan­toor wil onttrek,” lui die verklaring.

Volgens die nuwe kontrak het Sassa en die Poskantoor volle toegang tot alle data, asook die eienaarskap van die biometriese data van begunstigdes.

Begunstigdes wat nie self ’n poskantoor kan besoek nie, kan die Sassa-nommer, 0800 60 10 11, tolvry skakel of Malmesbury-poskantoor by 022 482 2422, Riebeek-Kasteel by 022 448 1216, Darling by 022 492 2780, Moorreesburg by 022 433 1222, Porterville by 022 921 2583 en Piketberg by 022 913 1200.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.