Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat die speke sing

Die uiters gewilde bergfiets­uitdaging, die Darling Brew Extreme, is terug vir die vyfde agtereenvolgende jaar.

Boonop is die DBX een van die gewildste enkeldagfietswed­renne in die Wes-Kaap.

Hierdie jaar vind dit 26 Mei plaas en word weer deur Darling Brew aangebied.

Die DBX18-bergfietsuitdaging in samewerking met Retail Capital het die jaar vier roetes bekendgestel wat elk na een van Darling Brew se maklik-om-af-te-sluk-biere vernoem is. Die roetes bestaan ook uit kombinasie van enkelspoor, jeep- en plaaspaaie in en om Darling.

Deelnemers kan kies tussen die superuithouvermoë lang roete vir ervare MTB-entoesiaste of die minder uitdagende kort roete vir die gesin, nuwelinge en die jongspan.

Die wedren begin en eindig by Darling Brew.

Vanjaar is daar ook fantastiese pryse op die spel en die Stone Jets sal die toeskouers vermaak.

Inskrywings vir DBX18 is nou oop. Elke inskrywing kry droëwors van Darling-vleismark, joghurt van Darling Dairies, ’n Darling Brew-bierglas en Darling Brew-bier (slegs vir deelnemers ouer as 18 jaar).

DBX se gekose gemeenskaps­projek is DRESS, ’n ruilwinkel van herwonne materiaal digby die brouery.

DBX sal fietse skenk aan Darling se jeug, wat dit dan kan “koop” met die herwonne afvalmateriaal wat hulle versamel.

Een van hierdie gelukkige kinders sal sy/haar welverdiende fiets op die dag van die wedren kry.DRESS sal op die wedrendag daar wees om enige waardevolle afval te herwin. As jy verder tot hierdie goeie saak wil bydrae kan jy so maak deur jou DBX-inskrywing.

. Vir nog inligting of om in te skryf gaan na www.darlingbrew.co.za. Vir nog inligting, kontak Philippa Wood by 071 901 2532.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.