Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat speke vir kinderhuis sing

Die 15de jaarlikse CA2CX MTB-fietstoer is weens die Covid-19 na 15 November geskuif na dit jaarliks in Junie en Julie plaasvind.

Deur R1 per kilometer te borg, kan jy ’n verskil in die kinders van die Herberg-kinderhuis se lewe maak. Die bedrae wat geborg word, word direk in Herberg-kinderhuis se rekening betaal en fietsryers betaal self hul eie onkostes. Die gelde sal aangewend word vir die aankoop van voedsel en klere vir die 122 hulpbehoe­wende kinders. “Elkeen se bydrae – hoe gering ook al – kan ’n verskil maak. Soos met enige ander instansie gedurende die inperkingstyd is skenkings noodsaaklik vir die volgehoue versorging van ons kinders.

“Ons bankbesonderhede is op die vorm beskikbaar en vorms kan verkry word by ons en deur ons. Gebruik asseblief die verwysing CA2CX indien jy die projek ondersteun sodat ons weet waarvoor die geld aangewend kan word,” sê Petro Uren van die kinderhuis.

Daar is nog ’n paar plekke beskikbaar indien jy wil deelneem.

“Elkeen se bydrae maak ’n verskil. Ons sal dit waardeer indien jy die inligting aan jou vriende en familie ook sommer stuur. Vir ’n belastingserti­fikaat stuur asseblief jou bewys van betaling met jou besonderhede en ons voorsien jou van ’n Artikel 18A-belastingsertifikaat.”

. Bel Petro by 023 626 3140 of stuur ’n e-pos na petro@herberg.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.