Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Landbouers erken vir harde werk

Die Wes-Kaapse Prestige Agri-pryse (WCPAA), ook bekend as “dié kompetisie”, het amptelik afgeskop.

Die kompetisie dien as ’n manier om die waardevolle en belangrike bydra wat land­bouers tot die volhoubaarheid en groei van die landbousek­tor in die Wes-Kaap lewer, te erken.

Deur die WKPAA aan te bied, beoog die Wes-Kaapse departement van landbou om landbouwerkers se omvang en begrip van die landbousektor te verbreed en hulle aan nuwe lewenservarings bloot te stel. Dit dien verder as ’n manier om landbouwerkers te moti­veer om hul kennis- en vaar­digheidsbasis te verbeter ten einde geleenthede en persoon­like groei vir toekomstige loopbaanontwik­keling te ontsluit.

Die kompetisie word land­wyd aangebied.

Die Swartlandstreek neem vir die sewende agtereenvol­gende jaar hieraan deel.

Die WCPAA bestaan uit 11 kategorieë wat onder meer algemene werker, trekker­bestuur­der, administratiewe personeel, diereproduksie, tegniese operateur, besproei­ing­­spesialis, sosiale ontwik­keling, agri-verwerking, voorman/vrou, junior bestuur en middelbestuur insluit.

’n Wenner, naaswenner en tweede naaswenner word in elke kategorie op 1 en 2 Augustus gekies.

Alle agriwerkers, van algemene werker tot middel­be­stuur, mag deelneem.

’n Landbouer is enige persoon wat deel vorm van en bydra tot boerdery.

Werkgewer, bestuurs-/plaaskomitee of medewerkers kan ook individue vir die kompetisie benoem.

Sommige streke hef ’n klein inskrywinggeld (bv. R20) om die koste te dek. Elke inskrywing moet vergesel wees met ’n volledige werkbeskrywing van die landbouer.

Die aankondiging van die wenners word 7 September by ’n besonder elegante funksie gemaak waar agriwerkers die fokus van die geleentheid is.

Inskrywings sluit 29 Junie.

Vir nog inligting oor hoe om deel te neem in die Wes-Kaapse Prestige Agri-toekennings kontak: Jolene Janse van Rensburg by 022 487 1133 of e-pos: swartlandinfo@westc.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.