Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Landboupryse gee hoop

Die jaarlikse Langeberg-prestige-landboutoekennings is onlangs gehou en het talle plaaswerkers vir hulle harde werk en toewyding tot die sektor vereer.

Die landbouwerkers, boere en lede van die plaaslike en provinsiale departement het hulself Woensdag 4 September opgetof vir dié spesiale geleentheid by die Callie de Wet-saal in Robertson.

Meer as 80 inskrywings in al die verskeie kategorieë is vanjaar ontvang en ’n gees van positiwiteit en trots het in die saal geheers.

“Dit is ’n voorreg om vanaand se geleentheid te kan bywoon en julle te kan toespreek. Suid-Afrika beleef tans donkertye – moord, verkragting en haat is aan die orde van die dag, maar vanaand, in hierdie saal, is daar iets anders in die lug. Ek is trots op elke mense wat vanaand hier sit, wat ingeskryf het, wat hard werk en wat hulle deel in hul werk doen en om die land ’n beter plek te maak,” het die direkteur van ontwikkeling by die Wes-Kaapse departement van landbou, Gertude Jacobs, gesê.

Die organiseerders was baie tevrede oor die hoeveelheid inskrywings en die gehalte van vanjaar se inskrywings.

“Aan elkeen wat hulle deel doen en meer as hulle kant bring – baie dankie. Aan elkeen wat die kans gewaag het om in te skryf – ek salueer julle. Aan elkeen wat nie vanaand wen nie – dit is nie die einde nie, laat dit jou motiveer om net nóg harder te werk en aan elkeen wat vanaand wen – baie geluk, maar moenie dat die wen jou laaste wen wees nie,” het Jacobs gesê.

Altesaam 14 gesogte pryse is by die bekroningsgeleentheid oorhandig, maar die prestige-landbouwerker van die jaar is toegeken aan die 25-jarige Christopher Filander van Bonnievale Wines. Filander het ook die prys as junior bestuurder van die jaar by die geleentheid gewen.

“Dit was ’n groot skok. Ek het dit glad nie verwag nie. Dit was die eerste jaar wat ek deelgeneem het en toe stap ek sommer met die louere weg,” vertel ’n opgewonde Filander.

Filander, wat ’n boorling van Bonnievale is en sy skoolloopbaan ook hiér voltooi het, is vanjaar vyf jaar by Bonnievale Wines en het begin as ’n algemene vloerwerker en homself opgewerk as ’n junior wynmaker.

“Ek wil graag in Oktober vanjaar ook presteer by die provinsiale prysuitdeling en beoog om een van die dae Frankryk toe te gaan om praatjies rakende wynmaak by te woon en selfs aan te bied,” sê hy.

Graham Beck Wines het ook met die louere weggestap as beste presterende plaas en kon ook twee addisionele pryse vir van hulle werkers verower.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.