Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerders presteer by jeugkunstefees

Leerders van Hoërskool Montagu het by die pas afgelope Montagu nasionale jeugkunstefees puik presteer.

Die Monties het altesaam 25 pryse gekry waaronder een dubbelgoud, drie goud, twee silwer, 11 brons en agt merietetoekennings. Fotografie lewer 18 eerbewyse op – vyf goud, agt silwer en vyf brons.

Altesaam 29 pryse is aan leerders toegeken in drama en literatuur: drie dubbel goud, ses goud, 16 silwer en vier brons. Handwerk het drie silwer- en twee bronssertifikate gekry, dans een dubbelgoud en een goud en musiek een dubbelgoud.

Zindi van Zyl het uitsonderlik presteer en die trofee vir die beste digitale kuns (dubbelgoud); trofee vir beste kuns graad 9 (drie goud); trofee algehele wenner: hoërskole in letterkunde (dubbelgoud) en pryse vir die beste prosa (dubbelgoud) ontvang.

Henry Viljoen het dubbelgoud vir sy klaviersolo asook die trofee vir die beste solo-instrument: senior ontvang. Monica Kuit het die trofee vir die beste moderne danser: senior met ’n dubbelgoud gekry. Die trofee vir die beste fotografieinskrywing is deur Kenwin Stout verower. Die beste poësie-prys word gedeel deur Nina Boshoff en Henry Viljoen en Isobel Telford behaal ’n dubbelgoud in drama.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.