Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerders staan op aandag

’n Groep van 40 leerders (seuns en meisies) van Primêre Skool Riviersonderend is onlangs as junior polisie-kadette ingesweer.

Hiermee het hulle ’n fase van drie jaar betree waar hulle intense opleiding sal ontvang en fasette soos dissipline, selftrots en gemeenskapsdiens by hulle ingeskerp gaan word.

Dit is ’n inisiatief van Trevor Hermanus, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en staan onder die beskerming van die plaaslike polisie, waarmee hulle nou saamwerk.

Terselfdertyd is vyf hoërskoolleerders geïdentifiseer as junior polisieoffisiere, onder leiding van André Botha, junior polisiekommissaris, en Allister Philander, assistent-polisiekommissaris.

Die leerders gaan opleidingskursusse ondergaan in, onder andere, lewensvaardighede, sosiale vaardighede, drilpeloton, eerstehulp en fisieke fiksheid. Daar gaan weeklikse samekomste by die polisiekantoor wees waar hulle gedril gaan word. Daar is ook naweekkampe vir skoolvakansies beplan.

Volgens Trevor is daar vele doelstellings met hierdie inisiatief soos die kweek van selfvertroue, selfkon­trole, gesonder leefwyses, sosiale interaksies, doeltreffende kommuni­kasie, spanwerk konflikoplossingstegnieke en leierskapvaardighede.

By hul inswering moes hulle ook ’n eed aflê dat hulle nie in dwelm- en alkoholmisbruik en misdaad betrokke sal raak nie en dat hul positiewe ingesteldheid, soos suurdeeg, deur sal dring na die gemeenskap, hul portuurgroepe en hul familie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.