Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leiers spreek die talle behuisingsprobleme aan

Gemeenskapsleiers in Montagu wil hulle nou daarop toespits om inwoners te help om huise te kry en vir behui­sing in die Langeberg te veg.

In ’n gemeenskapsvergadering verlede Woensdagaand 30 Januarie in Montagu het die gemeenskapsleiers van verskeie politieke partye met samesprekings begin om behuisingkwessies in Montagu aan te spreek.

Talle inwoners het die vergadering bygewoon en hulle ongelukkigheid en kommer oor behuising in Montagu uitgelig.

“Ons het besluit om politiek eenkant te sit en ons inwoners te dien. Ons is glad nie hier om vir ’n verkiesing stemme te werf nie, ons is hier om ons mense te dien. Daarom skuif ons ons verskille en partye eenkant sodat ons ’n oplossing kan kry vir die probleem,” sê Calvin Pekeur, een van die organiseer­ders van die behuisingsinisiatief.

“Die mandaat waarvolgens ons dit gaan uitvoer, kom van die mense af en nie van ’n politieke party nie,” voeg Pekeur by.

Samuel du Plessis, een van die leiers, sê die mikpunt is om mense wat vir jare op die waglys vir huise is en nie huise kry nie te help.

“Ons is moeg dat behuising onregverdig bestuur word. Daar is mense wat vir meer as 20 jaar op waglyste is wat nie huise kry nie en dan is daar mense wat ses maande op die waglys is wat gou huise kry. Daar is sekere gebiede wat voorkry kry wanneer dit by behuising kom en daarom wil ons teen dít veg – veg vir gelykheid,” sê Du Plessis.

“Ek moedig ander leiers aan om by ons aan te sluit en saam te staan vir dit wat reg is. Kom ons staan saam,” voeg Du Plessis by.

Pekeur sê die inisiatief gaan eers in Montagu van stapel gestuur word om mense te help.

“Ons gaan klein begin en na Montagu kyk en hiér probleme aanspreek en dan gaan ons uitbrei na ander dorpe in die Langeberg. Dit gaan vir ons oor die inwoners van die Langeberg,” sê Pekeur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.