Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lof vir Wetenskapweek

Die Nasionale Wetenskapweek wat verlede week in die streek aangebied is, was volgens organiseerders ’n groot sukses.

Dié projek is aangebied deur die Weskus-onderwysdistrik en geborg deur die departement van wetenskap en tegnologie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Wetenskap en Tegnologiebevordering.

Leerders by verskillende skole het deelgeneem aan ’n papiervliegtuigkompetisie, pret met wiskunde en wetenskap, vroue in wetenskap en die gewilde wiskunde-en- wetenskap-vasvrakompetisie met die tema “Vergroot ons demokrasie deur die wetenskap”.

Tydens die pret met wetenskap wat aangebied is by dertien skole, is leerders die geleentheid gebied om self eksperimente uit te voer.

By twee skole, ’n winkelsentrum en in Porterville se hoofstraat is leerders van verskillende wetenskapklubs die geleentheid gebied om aan ander leerders en die publiek hul kennis van wetenskap te demonstreer.

Tydens die Vroue in wetenskap-sessies, wat by twee verskillende skole gehou is, is meisies ingelig oor studievelde beskikbaar onder die tema Vergroot ons demokrasie deur wetenskap, asook hoe die tema ’n rol speel in hul daaglikse lewe.

In die vasvra-kompetisie in die stadsaal in Moorreesburg is die wiskundige en wetenskaplike vaardighede van leerders getoets in onder meer biologie.

Die algehele wenner van die kompetisie was Vredenburg A met die Hoërskool Swartland in die tweede plek en Augsburg Landbougimnasium in die derde plek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.