Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Loop lig vir fopnuus,’ waarsku kenner

Fopnuus is deesdae op almal se lippe.

Mense wat toegang het tot sosiale media word elke dag hiermee gekonfronteer en versprei talle onwaarhede in die vorm van ’n videogreep, foto of artikel.

Internasionale Fopnuus-maand poog om mense in te lig oor die gevare van die verspreiding van fopnuus.

In ’n tyd van maklike bekombare inligting is dit belangrik om eers van sekere verspreide “inligting” 100% seker te maak voordat jy op die deel-knoppie kliek.

Onlangse gebeure wat die nuus in Worcester met die gasontploffing gehaal het, het op sosiale media soos ’n veldbrand versprei. Stertjies is ook aangelas, wat paniek onder inwoners gesaai en dit moeilik gemaak het om vas te stel wat die waarheid wel is.

Hannelie Otto, ’n dosent aan die Noordwes Universiteit, sê fopnuus is nie iets nuuts nie en bestaan al eeue. “Dit het deur die jare verskillende name en dalk ook interpretasies behels. Navorsers beweer dat fopnuus al in die laat 1800’s deur koeranteienaars en -redakteurs gefabriseer is om verkope aan te spoor. Die term ‘fopnuus’, of fake news, het in 2016 met die Amerikaanse presidensiële verkiesing vastrapplek in ons hedendaagse kultuur begin kry.

“Donald Trump het die term by wyse van sy veldtog en ook sy eie gebruik van sosiale media gepopulariseer deur almal wat van hom verskil, hom kritiseer of nie by sy eie agenda inpas nie, as fake news te bestempel. Fopnuus kan aan sekere kenmerke uitgeken word. Dit bevat valshede, word deur individue, instansies of propagandagroepe vervaardig, bevat dikwels nie-verifieerbare feite en versprei dan in vandag se samelewing baie vinnig ver en wyd omdat mense vir verskillende redes daarvan hou om fopnuus te deel,” meen Otto.

Kenners meen ook dat fopnuus gewoonlik misleidend van aard is of ontbreek aan konteks of aan die korrekte, ware konteks. Dit word ook geken aan vermenging van ware en valse feite en menings, wat dit dikwels moeilik maak om van egte nuus te onderskei. Die emosie (meestal ongeloof, skok, woede) wat gewoonlik aan die negatiewe kant van die spektrum is, kan dikwels ook die gevaarligte laat flikker. Fopnuus probeer juis dikwels op mense se vrese en weerloosheid teer deur uiterste emosies te ontlok.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.