Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma neem reg in eie hande

’n Ma (38) van ’n plaas in Riebeek-Kasteel sal weer Woensdag 27 Maart op aanklag van moord in die hof verskyn nadat sy na bewering haar dogter se beweerde molesteerder koelbloedig vermoor het.

Dié voorval het omstreeks 12:00 Sondag 17 Februarie op die plein in Riebeek-Kasteel plaasgevind toe die vrou glo die oorledene, ’n 45-jarige man, gekonfronteer en beskuldig het dat hy haar minderjarige dogter herhaaldelik gemolesteer en betas het.

Die ma het vroeër beweer dat sy al verskeie kere dié klagte onder die polisie se aandag gebring het, maar hulle wou glo nie die bewerings ondersoek nie. Sy het toe gereg in eie hande geneem en die man glo met ’n bottelkop in die nek gesteek. Hy is op die toneel dood.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder het die voorval bevestig.

Die ma is steeds in aanhouding.

Haar minderjarige dogter is intussen in welsynsorg geplaas. - Samuel Walters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.