Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak ’n pot vol ‘moed skep’ . . .

Uiteindelik kan ons weer moed skep ná die president se toespraak nou die aand wat ons gelukkig nie weer in inperking gaan dompel nie – aldus ons onsself begin gedra en ook voortdurend maskers dra.

Dis dan juis ’n lekker rede om langs die braaivuur te sit met net ’n handjie vol verkose vriende of familielede, waar ons ook heeltyd ’n gesonde veilige afstand van mekaar sal hou.

Ek gaan hierdie “terugkeer-na- nor­maal-tydperk” gebruik om vir my gelief­des ’n lekker lamskenkelpot te maak:

Jy benodig: 4 heel lamskenkels (1 per persoon) 1 ui, fyn gesny250 g heel klein sampioene500 g heel baba-wortels 500 g baba-uitjies, geskil 4 fyngemaakte knoffelhuisies 1 blikkie tamatiesOld Brown-sjerrieSout en peper na smaak Een eetlepel fyngekapte vars tiemie- en roosmarynblareVars pietersielie1 koppie meel

Maak so:1. Neem die skenkels en dompel hulle binne die meel tot elkeen goed bedek is met ’n lagie daarvan. 2. In ’n warm pot, braai een fyngekapte ui ’n minuut lank in olyfolie en voeg dan jou skenkels by saam met fynge­maakte knoffelhuisies.3. Braai totdat die skenkels goudbruin aan alle kante is. 4. Roer dan twee koppies Old Brown-sjerrie by, die blik tamaties, die kruie en sout en peper na smaak. 5. Laat jou pot stadig prut vir so ’n uur en ’n half en roer af en toe. Indien die vloeistof halfpad deur te min lyk, voeg ’n bietjie water by.6. Voeg dan die baba-uitjies en -wortels by. Prut verder en ná 20 minute kom die sampioene by. 7. Ná nog 20 minute se prut oor die kole is jy en jou mense reg om te eet. Roer dan ’n handjievol fyngekapte pietersielie deur die pot. 8. Bedien die lamskenkels met kapokaartappels.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.