Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Maak ’n verskil

Coen Slabber skryf oor ’n paar gedagtes wat hom hierdie week weer laat aandag gee aan die verskil wat hy in opdrag van God kan maak. Hy begin deur die teks aan te haal:

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig (2 Korintiërs 1:3-4).

Suider-Afrika is deur groot rampe getref – Mosambiek en KwaZulu-Natal. Die vraag is: Kan die kerk ’n verskil maak? Die kerk moet verstaan dat ons bemoedig word om ander te bemoedig; dat ons vertroos word om ander te vertroos. In die goeie nuus van Jesus Christus het ons die grootste moontlike bemoediging gekry: Ons is verlos en het die belofte van die ewige lewe met God. Ons weet deur Christus is ons sondes vergewe. Ons weet dat God ons in Christus aanvaar het.

Ons mag nie doodloopstrate van God se seën wees nie – ons moet afvoerbuise wees. Dit was nooit bedoel dat die evangelie in die kerk moet vashaak nie – dit moet deur die kerk na die wêreld versprei word. Die antwoord op ons vraag is duidelik – die kerk kan, volgens Paulus, ’n verskil maak.

Natuurlik kan jy nie alleen die wêreld verander nie. Jy kan nie al die wêreld se probleme oplos nie, maar Christene wat bymekaar kom, kan wel iets doen.

Elkeen van ons kan iewers ’n verskil maak. Al hierdie klein verskilletjies saam maak ’n groot verskil.

Die uitnodiging aan alle Christene is: Word ’n verskilmaker!

Geniet die verskil wat jy die week maak.

Groete, Dewald (NGK Caledon)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.