Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man (44) verdrink in Breërivier

’n Man van Nkqubela het verlede Sondagmiddag, 28 Oktober, in die Breërivier verdink.

Simphiwe Mzayiya (44) het saam met familielede by die rivier gekuier.

Jean Bukwana, wat al vir agt jaar in ’n verhouding met die oorledene was, sê sy wou nie hê Mzayiya moes daardie middag by die rivier gaan swem nie.

“Ek onthou my suster het Sondag ’n vreemde gevoel gehad. Ek het nie saamgegaan nie. Hy (Mzayiya) het saam met my swaer en ander familielede gegaan,” vertel Bukwana.

“Hulle het pas by rivier gekom toe dit gebeur het. My susterskind het gesê hy het vir Simphiwe naby die riete gesien geswem en hy het toe nooit weer opgekom nie. My broer het die polisie ontbied.”

Bukwana sê sy sal Mzayiya onthou as ’n geliefde mens. “Die bure se kinders en die kinders op die werf was lief vir hom en hy was bedagsaam met almal.”

Sy sê daar sal altyd ’n leemte ná sy dood wees. “Ek het ’n gewoonte gehad om in die straat af te kyk wanneer hy van die werk kom. Ek gaan daarna verlang.”

Mzayiya was ’n boorling van Barkly-Oos in die Oos-Kaap, maar het reeds 10 jaar in Robertson gewoon.

Die polisie se duikeenheid het die liggaam omstreeks 17:30 in die rivier gevind.

Volgens die polisie is ’n geregtelike doodsondersoek gedoen.

Die oorledene laat een dogter, wat in Ceres bly, na.

. Mzayiya word Saterdag 10 November in sy tuisdorp, Barkly-Oos, begrawe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.